Hier is net 'n paar riglyne en wenke wat ons met werksoekers wil deel.
- Lees die advertensie vir werk behoorlik deur, as dit moet, lees dit n paar keer, en maak seker dat jy aan al die vereistes van die pos voldoen.
- Hou jou CV kort en tot die punt.
- Hou jou dekbrief onder 100 woorde, en tot die punt
- Maak seker dat jou CV maklik is om te lees, chronologies is en sonder spelfoute.
- Wees baie spesifiek as jy jou vorige werksondervinding lys, gee baie detail, maar hou dit ook kort.
- Lys verwysings op jou CV, maak net seker dat die verwysings weet dat jy hulle op jou CV lys.
- Moet nooit lieg op jou CV nie
- Verander jou CV elke keer as jy vir werk aansoek doen, moenie net die selfde CV oor en oor gebruik nie