Administratiewe en Finansiële Assistent

Administratiewe en Finansiële Assistent picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare Administratiewe en Finanasiële Assistent om aan te sluit by hulle Span.

Die ideale kandidaat het 'n passie vir Landbou, is enkellopend, het 'n toepaslike na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en 2 - 5 jaar ondervinding as Administratiewe en Finansiële Assistent binne Landbou (veral Groente).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, goeie werkende kennis van Microsoft Office, Pastel en/of Quick Books met ondervinding in algemene administrasie en finansies van 'n Groenteboerdery (‘n vereiste), goeie menseverhoudings, organisasievermoë, eienaarskapmentaliteit en hoë werksetiek met 'n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verantwoordelik vir algemene administratiewe pligte
  • Skep en uitreik van fakture
  • Maandelikse Rekonsiliasies
  • Maandelikse BTW verslae
  • Versoen betalings
  • Ondersoek alle navrae wat voortspruit uit die verwerking van debiteure en krediteure
  • Bestuur kliënterekeninge
  • Kontak debiteure oor betalingstatus
  • Lewer uitsonderlike kliëntediens
  • Liasseer en onderhou alle dokumentasie
  • Verleen ondersteuning aan die Finansiëlebestuurder
  • Enige ander ad hoc-pligte

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te neem binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 Januarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp