Algemene Plaasbestuurder: Sitrusplaas

Algemene Plaasbestuurder: Sitrusplaas picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Swellendam distrik in Weskaap, is opsoek na ‘n energieke, ervare, kundige en raakvat Algemene Bestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die totale, effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Plaas.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Sitrus met werkende kennis van kwaliteitbestuurstelsels en indiepte ondervinding in die beginsels van Algemene Bestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van Sitrus in samewerking met Produksiebestuurders
    • Bestuur van besproeiing, bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Begroting- en Finansiëlebestuur in samewerking met Maatskappy se Hoof Finansiële Beampte
  • Opstel van jaar en maandelikse beplanning en strategie
  • Oudits behartig (GlobalGap)
  • Koste effektiwiteit en produktiwiteit metings
  • Algemene Personeelbestuur (werwing, aanstellings, lone, salarisse, verhogings en dissiplinêre optrede)
  • Voorraad- en batebestuur
  • Verhoudingsbestuur om die beeld van die Boerdery te bevorder
  • Algemene instandhouding en herstel
  • Netheid en Sekuriteit van die Plaas

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, selfoontoelaag en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp