Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Yzerfontein distrik op die Weskus, is opsoek na 'n ervare en energieke Algemene Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se Infrastruktuur (basiese elektrisiteit, waternetwerk, besproeiing, plaasvoertuie, en infrastruktuur).

Die ideale kandidaat is sterk meganies en/of elektriese, 3 - 8 jaar ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Plaasvoertuig instandhouding en diens
  • Rekordhouding van aktiwiteite en gebruik van kritieke onderdele
  • Vooraadbeheer en - bestuur
  • Biosekuriteit nakoming
  • Voorkomende- en algehele onderhoud
  • Meganiese en Elektriese Onderhoud en Herstelwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 11 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp