Algemene Plaaswerkers

Algemene Plaaswerkers picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Yzerfontein distrik op die Weskus, is opsoek na energieke Algemene Plaaswerkers om verantwoordelik te wees vir plant van saailinge, uitplant van saailinge, oes, pak, op- en aflaai van die eindproduk.

Die ideale kandidate het 'n passie vir Landbou, is gedrewe, netjies op self en werk, kan goed binne spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n sterk verantwoordelikheidsin en 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sober gewoontes, eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om kwaliteit werk te lewer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Biosekuriteit nakoming
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Enige ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 11 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp