Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Harrismith distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis.
Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar se eerstehandse ondervinding met outomatiese verpakkingslyne en werkende kennis van die daarstelling en handhawing van die korrekte sorteer-, verpakkingsteikens en -standaarde deur 'n elektroniese grootte en sorteerder met sterk meganiese aanleg/ondervinding van pakhuistoerusting en instandhoudingsvereistes.
Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede met alle vlakke van personeel, bestuur en medebestuurders, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 November 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar