Bedryfshoof (Toekomstige MD)

Bedryfshoof (Toekomstige MD) picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n groeiende Voermeule in die Vrystaat, is opsoek na 'n Bedryfshoof om, as deel van die Voermeule se opvolgbeplanningstrategie, aangestel te word as opvolger van die huidige Besturende Direkteur.

Die suksesvolle kandidaat sal die rol as die 2de in bevel vir die Besturende Direkteur van die Voerfabriek vervul en sal verantwoordelik wees vir die totale waardeketting, die optimalisering daarvan en die vestiging en benutting van 'n deurlopende verbeteringspraktyk. 

Die ideale kandidaat het ‘n Tersiêre Kwalifikasie (MBA aanbeveel) in of Bedryfsingenieurswese of Proses Ingenieurswese of Operasionele Ingenieurswese of Dierevoeding of Bemarking of Ondernemingsbestuur en Entrepreneurskap met meer as 10 jaar ondervinding in die bemarking van dierevoedingsprodukte met die vermoë om as 'n tegniese adviseur op te tree, indiepte kennis van finansiëlebestuur, insluitend die interpretasie van finansiëlestate en strategiese beplanning, in staat om 'n universele stel sagtewaretoepassings te gebruik, blootstelling, begrip en ervaring in die landboukommoditeitsmark met spesifieke verwysing na kommoditeite wat in die voervervaardigingsomgewing gebruik word, begrip van die wetlike raamwerk waarbinne voerfabrieke funksioneer en voldoende begrip van bedryfsorganisasies soos AFMA, voortreflike kwantitatiewe en kwalitatiewe analitiese vaardighede en uitsonderlike gesproke en geskrewe vermoëns in Afrikaans en Engels. (Sotho te praat en te verstaan, sal 'n bykomende voordeel wees)

Verder is die ideale kandidaat iemand van konsekwente prestasie en 'n definitiewe ambisie het om die Besturende Direkteur van 'n Bedryfseenheid te word om die Bestuurspan en 'n Personeelkompliment te lei.

Daarbenewens is jy energiek en reageer op die uitdagings wat in die bestuur van jou span en personeel ingebed is en skakel gemaklik met 'n span tegniese adviseurs wat die bemarkings- en verkoopsveldtog na die mark lei.

Jou datagedrewe besluitnemingsbenadering, sterk tegnologie en tegniese agtergrond gekoppel met jou vermoë om effektief te bestuur en te lei, onder stresvolle toestande te werk terwyl volumeteikens, produkkwaliteit en kliënte se verwagtinge oortref word, sien ons uit na jou aansoek.

Die primêre funksie van hierdie posisie is:

  • Ontwerp en implementeer besigheidstrategieë, planne en prosedures
  • Stel omvattende doelwitte vir prestasie en groei
  • Stel beleide vas wat die kultuur en -visie bevorder
  • Hou toesig oor die daaglikse bedrywighede van die maatskappy en die werk van bestuurders (IT, bemarking, verkope, finansies, ens.)
  • Lei werknemers om maksimum prestasie en toewyding aan te moedig
  • Evalueer prestasie deur data en maatstawwe te ontleed en te interpreteer
  • Skryf en dien verslae in by die Besturende Direkteur in alle sake van belang
  • Ondersteun Besturende Direkteur in alle sake wat verband hou met die bestuur van die Voermeule
  • Neem deel aan uitbreidingsaktiwiteite (beleggings, verkrygings, korporatiewe alliansies, ens.)
  • Bestuur in samewerking met die Besturende Direkteur verhoudings met vennote, verskaffers en alle relevante belanghebbendes.

Diensaanvaarding: Januarie/Februarie 2025

Aansoeke sluit: 28 November 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied vir die Senior Posisie

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp