Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur. Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees om die Boerdery se Plaastoerusting, -voertuie en infrastruktuur te onderhou.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) en is Swati/Zulu magtig (vereiste) met meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde wie sterk meganies aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, uitstekende leierseienskappe, menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Januarie 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar