Junior Beesplaasbestuurder

Junior Beesplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Coligny distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Junior Bestuurder om die Beeskudde en Beesvoerkraal van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud met meer 2 - 8 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beesvoerkraal en Beeskudde (Kommersieël en Stoet). Jou werkende kennis van die Produksiesiklus van Pekaneute kan in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
      • Kruipvoer
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Kalwerbestuur
      • Brandmerk
      • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
    • Diere voorberei vir Produksieveilings
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: 1 Desember 2024

Aansoeke sluit: 26 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp