Bestuurder: Besproeiing

Bestuurder: Besproeiing picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Swartwater distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Bestuurder om die Besproeiing van die Boerdery effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou of "Millwright" Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in effektiewe Besproeiingsbestuur met werkende kennis in die Totale Produksiesiklus van Groente (veral Aartappels, en/of Uie).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou dryf, sterk organisasieververmoë, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief onder druk te funksioneer met sterk meganiese-, elektriese- en besproeiingsbestuur ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke en -siklusse
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Voldoen aan standaarde
  • Bestuur van besproeiing
  • Enige ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Hierdie is ‘n ideale langtermyn geleentheid vir ‘n Plaasbestuurder om betrokke te raak by 'n dinamiese Boerdery waar werk gedoen word met trots, stiptelik en met 'n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 12 Desember 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp