Bestuursegpaar: Wild- en Gasteplaas

Bestuursegpaar: Wild- en Gasteplaas picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wild- en Gasteplaas in die Klein Karoo in die Montagu distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar om die Wild- en Gasteplaas met verskeie selfsorg-eenhede optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Plaas met gesonde kliënteverhoudings.

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, ‘n geldige bestuurslisensie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante en instandhouding van paaie en heinings
    • Voedingsbestuur
    • Ontvang van Gaste
    • Uitneem van Gaste op wildbesigtiging uitstappies en ritte
    • Uitneem van Jagters op Jagte
    • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Gasteplaasbestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontvang van Gaste
  • Administrasie- en ontvangspligte
  • Bemarking en sosiale media
  • Toesig oor huishouding en verslagdoening van alle onderhoudsvereistes
  • Voorraadbeheer en voorraadbestelllings
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar wat die vermoë het om die Gasteplaas te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Desember 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur die skakel 

Share on
Click here to contact us on WhatsApp