Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge

Bestuursegpaar: Wildplaas en Lodge picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wildplaas en Lodge in die Sentrum distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Bestuursegpaar om die Wildplaas en Lodge in samewerking met die Eienaar optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale Bestuursegpaar het uitgebreide kennis van Wildsplaas- en Hospitaliteitsbestuur, is baie dinamies en kan goed saamwerk in spanverband met die vermoë het om die besigheid te bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Plaasbestuurder (Man)

Die ideale kandidaat het ‘n toepaslike Landbou- of Natuurbewaringskwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Wildplaas, Lodge, en Jag met gesonde kliënteverhoudings.

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, geldige wapenhantering sertifisering, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP, ‘n Beroepsjagter Sertifikasie en ondervinding in die bewaring van Fauna en Flora met werkende kennis van die Bestuur van Eksotiese Wild, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Dieregesondhied en Voeding
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplant
    • Ontvang van Gaste
    • Uitneem van Gaste op wildbesigtiging uitstappies en ritte
    • Uitneem van Jagters op Jagte
    • Verwerking en afslag van karkasse
    • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
  • Rekordhouding en Verslagdoening
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Lodgebestuurderes (Vrou)

Die ideale kandidaat het ‘n toepaslike na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde kliënteverhoudings

Bogenoemde gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, ‘n geldige bestuurslisensie met PDP en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bemarking van die Plaas en Lodge
  • Ontvang en verwerking van besprekings
  • Ontvang van Gaste
  • Voorhuispligte
  • Kamerkontroles
  • Personeelopleiding
  • Aankope, verkryging en beheer
  • Onderhandel met verskaffers
  • Koördinering van dag-tot-dag Lodge aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van lodge-inventarisse
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n professionele Egpaar met die vermoë om dinamies as span saam te werk en die Plaas en Lodge sal bestuur met 'n eienaarskapmentaliteit.

Weens die afgeleë ligging van die Plaas en lang werksure van tyd-tot-tyd, gaan dit vir Egpare met kinders 'n uitdaging wees.

Diensaanvaarding: 1 April 2025

Aansoeke sluit: 9 Februarie 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Doen asb aansoek as 'n Egpaar deur diè skakel

Share on
Click here to contact us on WhatsApp