Boekhouer

Boekhouer picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare Boekhouer om verantwoordelikheid te aanvaar vir die Boerdery se Rekeningkundige praktyke.

Die ideale kandidaat het 'n passie vir Landbou, is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels (aanbeveel) en 2 - 5 jaar ondervinding as Boekhouer of Finansiële Beampte met werkende kennis van Betaalstaat, Inkomstebelasting, Werknemersbelasting en BTW, asook rekeningkundige transaksies tot en met Proefbalans vlak.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardig in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met 'n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Maandelikse Betaalstaat
  • Instandhouding van stelsels en rekeningkundige praktyke
  • Monitering en nakoming van interne kontroles
  • Kasboekinskrywings en rekonsiliasies
  • Uittrek en nagaan van data uit die operasionele bestuurstelsel en die oplaai van transaksies in die rekeningkundige stelsel
  • Kommunikasie met personeel en bestuur i.v.m. uitstaande, onvolledige en foutiewe transaksiedata
  • Nagaan, bestuur en instandhouding van debiteure rekeninge
  • Te boekstelling van maandelikse kostetoedelingsjoernale
  • Belastingadministrasie, BTW en LBS rekonsiliasies, hersiening en opgawes
  • Nagaan en rekonsiliasie van kontrolerekeninge
  • Bestuur en beheer van vastebateregister
  • Administrasie van versekeringspolisse
  • Ander ad hoc rekeningkundige en administratiewe funksies
  • Ondersteuning met jaareind oudit voorbereiding en opstel van skedule
  • Uitreiking van IRP5’s en IT3’s en die indiening van die EMP501 rekonsiliasie en die ongevallekommisaris se opgawe

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp