Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Vanderkloof distrik in die Noordkaap, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Boerdery se Plaasvoertuie, -implemente en -werktuie.
Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (vereiste) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Ons kliënt het ook 'n Administratiewe Pos beskikbaar vir die suksesvolle kandidaat se Vrou sou sy aan die vereistes van die Pos voldoen.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 21 Januarie 2025
Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, Oesbonus, gratis behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar