Algemene Onderhoudsbestuurder

Algemene Onderhoudsbestuurder picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Middelburg distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Algemene Onderhoudbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die Bestuur van die Werkswinkel, Dieselwerktuigkundiges en die Instandhoudings Afdeling ("Millwrights" en Elektrisiens)

Die ideale kandidaat is 'n toepaslike Tegniese Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond met sterk Bestuursvaardighede.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte

  • Werkswinkelbestuur
  • Algemene Personeelbestuur
  • Onderhoud- en Instandhouding beplanning
  • Verslagdoening en ondersoek
  • Hanteer alle ad hoc-take
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Algemene administrasie en Rekordhouding
  • Werkkaartbestuur
  • Veiligheid- en Gesondheidsbestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Effektiewe bestuur van die afdeling
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning,
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp