Junior Landboukundige

Junior Landboukundige picture

Ons kliënt, 'n gevestigde en dinamiese Boerdery in die Dendron distrik in Limpopo, is opsoek na 'n kundige en ervare Junior Landboukundige om die groei en kwaliteit van die Groep se gewasse te monitor en te verbeter.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste) met meer as 2 jaar ondervinding as Landboukundige, 'n diepgaande begrip van plantwetenskap, grondgesondheid en landboupraktyke en is in staat om hierdie kennis te gebruik om effektiewe gewasbestuurstrategieë te ontwikkel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende waarnemings- en analitiese vaardighede, vaardig in die gebruik van landbousagteware en -tegnologie, sterk skriftelike en verbale kommunikasievaardighede en jou uitstekende menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voer gereelde landinspeksies uit om gewasgesondheid te assesseer en siektes of plae te identifiseer
  • Die meng van gif vir vliegtuigbespuitings
  • Rekonsiliasie van gifbespuitings
  • Voorsien tegniese advies oor gewasverbouing, besproeiing en plaagbeheer
  • Weeklikse bemestingsverslag aan Senior Landboukundige
  • Doen navorsing en eksperimente om oesopbrengs en kwaliteit te verbeter
  • Fasiliteer Interne Opleiding
  • Bly op hoogte van vooruitgang en tendense in landbouwetenskap
  • Werk saam met landboumaatskappye en ander rolspelers om landboupraktyke te verbeter

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer in ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 21 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp