Junior Plaasbestuurder

Junior Plaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Graaf-Reinet distrik in die Ooskaap, is opsoek na 'n energieke en raakvat Junior Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkellopend, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n intensiewe Veeboerdery (Bees, Skaap en Bok), Voerkraalbestuur en die Totale Produksiesiklus van Lusern onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Veekuddebestuur
    • Dieregesondheid (Pro-aktief en Re-aktief)
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
      • Lamhokkebestuur
    • Bestuur van Kalwers en Lammers
      • Merk, weeg, brand
    • Bestuur van Bulle en Ramme
    • Monitor van getalle
  • Voerkraalbestuur
    • Gesondheidbestuur
    • Rantsoenbestuur
    • GDT en VOV
    • Mortaliteitbestuur
    • Biosekuriteit
  • Totale Produksiesiklus van Lusern
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer binne 'n werksomgewing waar werk stiptelik, netjies en trots met 'n eienaarskapmentaliteit gedoen word.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp