Junior Plaasbestuurder: Groente (2 Poste)

Junior Plaasbestuurder: Groente (2 Poste) picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is opsoek na twee ervare, energieke en raakvat Junior Bestuurders om een van die Produksie-eenhede van die Boerdery in samewerking met die Plaasbestuurder optimaal, winsgewend en effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landbou of "Millwright" Kwalifikasie (aanbeveel) met 2 – 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente (veral Aartappels, en/of Peppers, en/of Tamaties) op droëland en onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou dryf, sterk organisasieververmoë, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief onder druk te funksioneer met sterk meganiese-, elektriese- en besproeiingsbestuur ondervinding, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke en -siklusse
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Voldoen aan standaarde
  • Bestuur van besproeiing
  • Enige ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Hierdie is ‘n ideale langtermyn geleentheid vir ‘n jong Plaasbestuurder om betrokke te raak by 'n dinamiese Boerdery waar werk gedoen word met trots, stiptelik en met 'n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: Desember 2024 of Januarie 2025

Aansoeke sluit: 30 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp