Kleinvee Plaasbestuurder

Kleinvee Plaasbestuurder picture

Ons kliënt, ‘n groeiende Boerdery in die Uitenhage distrik in die Ooskaap, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Plaas onafhanklik, winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur van 'n Intensiewe Skaap- en Bokkudde met goeie werkende kennis van die Produksiesiklus van Lusern onder besproeiing en die afronding van Lammers in 'n Voerkraal. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algehele Kuddebestuur (Skaap en Bok)
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur (intensief)
    • Lamhokbestuur
    • Monitor getalle
    • Skeer
  • Bestuur die Produksiesiklus van Lusern
  • Onderhoud, herstel en Instandhouding van die waternetwerk, krippe, drade en pompe
  • Algemene instandhouding en onderhoud
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te neem binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2025

Sluitingsdatum: 5 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, winsdeling, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp