Nagraadse Leerlingboer

Nagraadse Leerlingboer picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n suksesvolle en dinamiese Maatskappy in die Sitrusbedryf met belange in Limpopo, Mpumalanga en die Weskaap, het 'n geleentheid beskikbaar vir 'n energieke en raakvat gegradueerde Landboustudent om deel te word van hulle dinamiese Span.

Die ideale kandidaat is enkellopend, het ‘n Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste), is innoverend en oplossing gedrewe, doelgerig, floreer op resultate en het 'n passie om 'n bydra te maak tot iets groter as self.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met leergierigheid, organisasieververmoë, eienaarskapmentaliteit en vermoë om effektief onder druk te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Die suksesvolle kandidaat sal blootstelling kry in:

  • Produksiepraktyke en -siklusse
  • Besproeiing
  • Pes- en plaagbeheer
  • Plantvoeding
  • Pakhuisbestuur
  • Aankopebestuur
  • Finansies
  • Bemarking en Logistiek

Hierdie is ‘n ideale langtermyn geleentheid vir ‘n jong individu wat wil leer en groei na 'n Sitrus Produksiebestuurder.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 12 Desember 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp