Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Veevoerfabriek in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare en energieke Onderhoudsbestuurder om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Veevoerfabriek se toerusting en infrastruktuur.
Die ideale kandidaat is sterk meganies, met 'n Rooiseel "Millwright" Kwalifikasie en meer as 10 jaar ondervinding tot die posisie (veral binne 'n Produksie-aanleg), netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Februarie 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.