Plaas Assistent: Kruie

Plaas Assistent: Kruie picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Yzerfontein distrik aan die Weskus, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaas Assistent om die Boerdery in samewerking met die Eienaar winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (sterk aanbeveel), met meer as 2 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van "Micro Greens" en Kruie in 'n grondlose omgewing in Tonnels met goeie werkende kennis van hydroponika.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë, leergierigheid en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke van gewasse – voorbereiding, plant, bemesting, plaagbeheer, besproeing en oes
  • Kweek van saailinge
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die produksiesiklus
  • Voldoen aan GlobalGap standaarde
  • Goeie rekordhouding - produksieverwante statistieke, verlofrekords, voorraadrekords, verkoopsfakture
  • Koördineer daaglikse plaas aktiwiteite en hanteer uitdagings en enige take wat voorkom
  • Pakhuisbestuur
  • Brandvoorkoming en -bestuur
  • Plaassekuriteit en -netheid

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (eenslaapkamer woonstel), onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp