Plaasbestuurder: Groente

Plaasbestuurder: Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Christiana distrik in Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Produksie-eenheid winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (vereiste), met meer as 3 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke van gewasse – grondvoorbereiding, plant, kunsmis, spuit, besproeing en oes van gewasse
  • Goeie rekordhouding – begrotings en kostes
  • Koördineer daaglikse plaas aktiwiteite en hanteer uitdagings en enige take wat voorkom
  • Beplanning van plant, besproeing en oes skedules
  • Bestuur die aankope van saad, kunsmis , chemikalië
  • Effektiewe bestuur van permanente en seisoenale werkers

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 20 Augustus 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp