Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Coligny distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Plaasbestuurder om die Eienaar by te staan in die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Plaas.
Die ideale kandidaat is getroud, het meer as 2 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur van ‘n Beeskudde en Beesvoerkraal, is meganies sterk aangelê en het blootstelling aan Boomgewasse (veral Pekaneute).
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar