Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Gemengde Boerdery in die Kemptonpark distrik in Gauteng, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Plaasbestuurder om die Plaas in samewerking met die Eienaars winsgewend, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het meer as 10 jaar ervaring in alle aspekte van die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland en onder besproeiing met werkende kennis van Beeskuddebestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die Totale Produksiesiklus
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar.
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Algemene Instandhouding
  • Brandbestuur
  • Algemene Beeskuddebestuur

Hierdie Pos moet dringend gevul word, en versoek ons dat belangstellende kandidate so gou as moontlik aansoek doen.

Diensaanvaarding: Onmiddelik

Aansoeke sluit: 28 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp