Plaasvoorman

Plaasvoorman picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Elandsfontein distrik in Gauteng, is opsoek na 'n energieke en raakvat Plaasvoorman om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 'n kode 10 bestuurslisensie met PDP (vereiste) en 1 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte in die Totale Produksiesiklus van Gras (Teff en Eragrostis), werkende kennis in die Produksiesiklus van Mielies en Soya en goeie blootstelling aan Sateliet Tegnologie wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Boer, eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Produksiesiklus van Somergewasse
  • Produksiesiklus van Grasgewasse
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer binne 'n werksomgewing waar werk stiptelik, netjies en trots met 'n eienaarskapmentaliteit gedoen word.

Ons kliënt is opsoek na iemand wat passievol oor Landbou is en die droom het om sy eie Boerdery te besit, en sal die suksesvolle kandidaat na 'n jaar se bevredigende diens, die opsie gegee word om aandele in die Boerdery te bekom met die vooruitsig op Eienaarskap oor 'n paar jaar.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 21 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (twee slaapkamer) en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp