Plaasvoorman: Saaiboerdery

Plaasvoorman: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Vanderkloof distrik in die Noord-Kaap, is opsoek na 'n energieke en raakvat Plaasvoorman om die Saai-afdeling van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die Totale Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse onder besproeiing met goeie blootstelling aan Sateliet Tegnologie wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Boer, eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse
  • Besproeiingsbestuur
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer binne 'n werksomgewing waar werk stiptelik, netjies en trots met 'n eienaarskapmentaliteit gedoen word.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising op die Plaas en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp