Primêre Gesondheid Verpleegster/Kliniek Sister

Primêre Gesondheid Verpleegster/Kliniek Sister picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Baltimore distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Primêre Gesondheid Verpleegster/Kliniek Sister om verantwoordelikheid te neem vir die totale bestuur van die Boerdery se Kliniek.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie, is 'n geregistreerde Verpleegster/Sister met meer as 5 jaar ondervinding tot die Pos.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende bestuurseienskappe, eienaarskapmentalitiet, uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Kliniek (Gebou)
    • Netheid
    • Rapportering van enige defekte en/of instandhouding
    • Toerusting monitor en bestuur
    • Voorraadbestuur en -beheer
  • Kliniek (Dienste)
    • Sien privaat en algemene pasiënte op afspraak basis
    • Omsien na pasiënte se fisiese, emosionele en verstandelike gesondheid
    • Reel en bestuur besoeke op buite Plase
    • Akkurate rekordhouding
    • Beskikbaar vir noodgevalle
    • Bestuur aandiensbeserings
      • verkry nodige inligting van die Departement van Arbeid
      • meld besering aan by Department van Arbeid
      • volg op oor besering se vordering en toekomste besoeke/opvolg afsprake
  • Apteek
    • Kliëntediens
    • Voorraadbestuur en -beheer
    • Voldoening aan alle Statutêre vereistes
  • Algemene Administrasie
    • Maandelikse Verslae
    • Uitstuur van Fakture
    • Opvolg van agterstallige betalings
    • Kleinkas
    • Weeklikse Bestuursvergadering
    • Voldoening aan Maandelikse Statutêre verslae en vereiste
  • Bly op datum met nuutste inligting
  • Woon gereeld opleiding by
  • BLS elke twee jaar hernu
  • Staat SOP elke jaar bestudeer en veranderings toepas tot verwagte standaarde

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te neem binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising, selfoontoelaag en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp