Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Levubu distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Avokado, Makadamia en Piesang Produksie-eenhede.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 - 5 jaar ervaring in Boomgewasse met goeie ondervinding in besproeiingsbestuur, werkende kennis van gif- en kunsmisprogramme en blootstelling aan Kwaliteitbestuursisteme (Global Gap/Tesco/Siza).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, ervaring in algemene meganiese instandhouding, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail, puntinerigheid en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 Augustus 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar