Produksiebestuurder: Sampioene

Produksiebestuurder: Sampioene picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Boerdery in die Pietersburg distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke en raakvat Produksiebestuurder om die Sampioen Produksie-eenheid van die Groep koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Ons ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie, (aanbeveel), bewese ondervinding as Plaasbestuurder (verkieslik op 'n Sampioenplaas), met sterk organisatoriese en leierskapsvaardighede.  

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, leergierigheid, vermoë om effektief  onder druk te funksioneer en verskeie take te hanteer, fisieke stamina en die vermoë om in verskillende weerstoestande te werk, basiese begrip van instandhouding van masjinerie en toerusting, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Toesig oor die plant, verbouing en oes van Sampioene
  • Die handhawing van optimale groeitoestande deur omgewingsparameters soos temperatuur, humiditeit en lig
  • Beplanning en implementering van plaag- en siektebestuurstrategieë
  • Monitering van die kwaliteit van die Sampioene en verseker dat hulle aan die vereiste standaarde voldoen
  • Instandhouding en herstel van masjinerie, toerusting en geboue soos benodig
  • Die bestuur van die verkryging van voorrade
  • Implementering van gesondheids- en veiligheidsregulasies vir die personeel en die Plaas
  • Bestuur van die verpakking en berging van die ge-oesde sampioene
  • Hou rekords van Sampioenverbouing, oesopbrengste en bedryfsuitgawes
  • Opleiding en toesig oor plaaswerkers en koördinering van hul daaglikse aktiwiteite
  • Bestuur en lei Personeel op om produktiwiteit en doeltreffendheid te verseker
  • Implementeer gehaltebeheermaatreëls om Sampioenproduksie van hoë gehalte te verseker
  • Verseker voldoening aan regeringsregulasies en gesondheid- en veiligheidstandaarde
  • Bly op hoogte van huidige neigings en innovasies in Sampioenverbouing
  • Begrotingsbestuur

Ons kliënt sal alle opleiding t.o.v die Produksiesiklus van Sampioene verskaf sou dit nodig wees.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Oktober 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp