Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Derby distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Beeskudde en Plaas onafhanklik, koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beesplaas (Kommersieël en Stoet) met werkende kennis van Begroting-, Voerkraalbestuur en die Produksiesiklus van Voergewasse.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Beeste, eienaarskapmentaliteit, bo-gemiddelde leiereienskappe, meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir iemand wat 'n Boerdery met 'n toekomsvisie sal bestuur soos sy eie binne 'n omgewing waar werk gedoen word met passie, netjies, stiptelik en effektief.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 23 September 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.