Ons gewaardeerde kliënt, 'n Maatskappy met Boerderybelange in Botswana, is opsoek na 'n kundige en ervare Bestuursegpaar om die Wild- en Beesplaas in die Ghazi distrik in Botswana optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur, en nooi ons egpare wat goed as span funksioneer, onafhanklik kan werk met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen.
Die fokus van die Boerdery is besig om te beweeg meer na die van Beesboerdery en gaan van die kandidate verlang word om 'n Beeskudde op die Plaas te vestig en te bou. Die Plaas ontvang slegs seisoenale Jagters, en sal van die ideale kandidate verwag word om nou saam te werk met die Professionele Jagter en ander personeel.
Man:
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met ten minste 15 jaar se eerstehandse ondervinding in alle aspekte van Beesboerdery, basiese kennis van Wildplaasbestuur, goeie kommunikasievermoë, uitstekende leierseienskappe met sterk meganies en elektriese kennis.
Pligte:
Vrou:
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met ondervinding in alle aspekte van Boerdery Administrasie en Gasvryheidsbestuur.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 Desember 2024
Mededingende salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis verblyf, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar