Skaapkudde- en Voerkraalbestuurder

Skaapkudde- en Voerkraalbestuurder picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Gemengde Boerdery in die Senekal distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Skaapkudde en Voerkraal (Bees en Skaap) in samewerking met die Eienaar winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Skaapkudde en Voerkraal, is meganies sterk aangelê en het goeie werkende kennis van algemene Beeswerk.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algehele Skaapkuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur (semi intensief)
    • Lamhokbestuur
    • Monitor getalle
    • Skeer
  • Optimale en winsgewende bestuur van die Voerkraal (Bees en Skaap)
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Algemene Beeswerk
    • Dieregesondheid (Pro-aktief en Re-aktief)
    • Onthoring
    • Brandmerk
    • Koeie assisteer met Kalf indien nodig
  • Onderhoud, herstel en Instandhouding van die waternetwerk, krippe, drade en pompe.
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 1 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en ander voordele word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp