Spesialis Beesvoerkraalbestuurder

Spesialis Beesvoerkraalbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Vryburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en kundige Spesialis Beesvoerkraalbestuurder om die Boerdery se Beesvoerkraal onafhanklik, winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur. 

Die ideale kandidaat is getroud, het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 15 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en winsgewende bestuur van ‘n Beesvoerkraal.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel aan jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie, netheid, stiptelikheid en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beesvoerkraal
    • Aankoop, ontvang en verwerking van kalwers
    • Rantsoen- en bunkerbestuur
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid en Mortaliteitbestuur
    • Biosekuriteit
    • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat aan standaarde voldoen word
  • Doeltreffende en tydige afhandeling van verantwoordelikhede
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Basiese onderhoud en instandhouding van voerkraalkampe, voerkarre en trekkers
  • Akkurate rekordhouding en administrasie

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 12 Desember 2024

Bogemiddelde salaris, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die Senior Posisie.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar 

Share on
Click here to contact us on WhatsApp