Subtropiese Produksiebestuurder

Subtropiese Produksiebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Levubu distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke, ervare en kundige Produksiebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van 'n Produksie-eenheid op die Plaas.

Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) en/of 1 - 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Subtropiese Gewasse (Piesang, Avo en Makadamia) en/of Boomgewasse met werkende kennis van begrotingsbestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus
  • Aanplant en uitbreiding van boorde, besproeiing en infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Begroting- en Kostebestuur
  • Bestuur van bemestings- en plaagbeheerprogramme
  • Skedulering van besproeiing
  • Algemene Administrasie en Rekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp