Velddiens Dieselwerktuigkundiges

Velddiens Dieselwerktuigkundiges picture

Ons kliënt, 'n Landboukontrakteur wat Kuilvoer en Gras reg oor Suid-Afrika sny en berg, is opsoek na twee ervare, energieke en kundige Dieselwerktuigkundiges om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Vloot voertuie, implemente en werktuie.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie en -implemente.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Diens, instandhouding en herstel van die Vloot voertuie, implemente en werktuie
  • Alle gereedskap, onderdele en toerusting beheer en bestuur
  • Verseker dat alle toerusting diensbaar is ten alle tye
  • Om alle dag tot dag take deeglik, netjies en noukeurig uit te voer
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 November 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp