Wild- en Jagplaasbestuurder

Wild- en Jagplaasbestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Wild- en Jagplaas in Limpopo, is opsoek na 'n energieke Bestuurder om die Jag- en Wildplaas optimaal, winsgewend, volhoubaar en effektief te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n toepaslike Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), is 'n geregistreerde Gevaarlike Wild Professionele Jagter (vereiste), het sy eie 4X4 Voertuig met 5 - 10 jaar se werkende kennis in Wildsplaas-, Jaglodge- en Jagbestuur.

Bogenoemde gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk meganiese aanleg, sober gewoontes, sterk rekenaarvaardigheid en verantwoordelikheidsin, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Wildplaasbestuur
    • Effektiewe bestuur van die Wildplaas
    • Algemene Instandhouding
    • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Plaassekuriteit en -netheid
    • Infrastruktuur instandhouding
    • Bestuur van indringerplante
    • Voedingsbestuur
  • Jagbestuur
    • Ontvang van plaaslike en Internasionale Jagters
    • Uitneem van Jagters op Jagte
    • Verwerking en afslag van karkasse
    • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Plaas
  • Algemene Entiteitsbestuur
    • Bestuur die dag-tot-dag se Operasionele Bedrywighede
    • Aktiewe bemarking en verkryging van Jaguitrusters, plaaslike en Internasionale Jagters/Gaste
    • Bestuur van algemene begroting (Inkomste en Uitgawes)
    • Noue samewerking met Jaguitrusters
    • Algemene administrasie, rekordhouding en verslagdoening
    • Voorraadbeheer en voorraadbestelllings
    • Kamerkontroles
    • Personeelopleiding
    • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
    • Bestuur van inventarisse

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n motortoelaag word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp