Skip to main content
Plaasbestuurder.co.za
Plaasbestuurder.co.za
Plaasbestuurder.co.za

Waar die regte aanstelling begin

Die regte mense maak die verskil in jou Boerdery

Plaasbestuurder.co.za spesialiseer in die werwing en plasing van kwaliteit landboupersoneel regoor Suid-Afrika. Ons fokus daarop om kandidate te identifiseer wat nie net oor die regte tegniese ervaring beskik nie, maar ook die werksetiek, integriteit en eienaarskapmentaliteit het om werklik waarde tot ’n boerdery te voeg.

Ons verstaan die unieke vereistes van die landboubedryf en werk nou saam met elke kliënt om geskikte kandidate te identifiseer wat by die spesifieke boerdery, werksomgewing en span pas.

Hoekom Plaasbestuurder.co.za

Gespesialiseerde Landbouwerwing
Ons fokus uitsluitlik op die landbousektor en verstaan die unieke vereistes van boerderye en landbou-ondernemings.

Kwaliteit Kandidate
Ons identifiseer kandidate met die regte ervaring, praktiese vermoë en werksetiek wat nodig is om in ’n landbou-omgewing te presteer.

Betroubare Werwingsproses
Ons gestruktureerde proses verseker dat slegs geskikte kandidate aanbeveel word.
Unieke Waarborg
Ons is die enigste Personeelwerwing Maatskappy in Landbou waar jy as kliënt die waarborgopsie kan kies.

Ons unieke Waarborg

Ons fokus op kwaliteit plasings en langtermyn sukses. Kliënte kan kies tussen ’n 3 tot 6 maande waarborgopsie, wat addisionele gemoedsrus bied wanneer ’n nuwe kandidaat aangestel word.


Ons Werwingsbenadering


Ons werwingsproses is gefokus op kwaliteit en geskiktheid. Elke kandidaat word geëvalueer op grond van ervaring, vaardighede, werksetiek en die vermoë om in ’n landbou-omgewing te funksioneer. 

Die doel is eenvoudig: om die regte persoon vir die regte boerdery te vind.

Boere gebruik Plaasbestuurder.co.za omdat ons
  • spesialiseer in landbou
  • ons ’n kwaliteit databasis van kandidate het
  • ons fokus op betroubare, praktiese mense
  • ons unieke waarborgopsies en ons 
  • professionele en gestruktureerde werwingsproses
Indien jy opsoek is na ’n betroubare kandidaat vir jou boerdery, kan jy hieronder voortgaan om jou personeelbehoefte te registreer. Ons sal met jou in verbinding tree om die vereistes van die posisie te bespreek.
Kontakvorm