Plaasbestuurder.co.za verbind ervare en gemotiveerde landboupersoneel met boerderye regoor Suid-Afrika. Ons fokus daarop om kandidate te help om posisies te vind waar hulle hul vaardighede kan ontwikkel en ’n waardevolle bydrae tot ’n Boerdery kan maak.

Waarom by Plaasbestuurder registreer
Hoe die proses werk

1. Registreer jou profiel
Voltooi die kandidaatregistrasie en verskaf jou basiese besonderhede en ervaring.
2. Evaluering van ervaring
Ons span hersien jou profiel en bepaal vir watter tipe posisies jy geskik kan wees.
3. Voorlegging aan werkgewers
Wanneer ’n geskikte geleentheid beskikbaar is, kan jou profiel aan ’n werkgewer voorgelê word nadat ons dit met jou bespreek het
4. Onderhoud en plasing
Indien die werkgewer en jy belangstel, volg die onderhoudsproses en moontlike aanstelling.

Eienskappe wat werkgewers soek
• Sterk werksetiek
• Praktiese probleemoplossingsvermoë
• Betroubaarheid en integriteit
• Spanwerk en leierskap
• ’n Passie vir landbou
